Oor die geleentheid
Ons kliënt bied ’n langtermyngeleentheid aan ’n ervare Produksiebestuurder met ’n sterk eienaarskapmentaliteit, praktiese bestuursvermoë en die dryfkrag om saam met die bestuurspan ’n gevestigde boerdery volhoubaar vorentoe te neem.Die boerdery bestaan uit verskeie produksievertakkings, waaronder koring, mielies, aartappels, beet, wortels en uie.
Die ideale kandidaat sal oor breë blootstelling aan groente- en gewasproduksie beskik en in staat wees om verskillende produksievertakkings prakties, georganiseerd en doelgerig te bestuur.
Hierdie is ’n geleentheid vir iemand wat homself langtermyn in die omgewing wil vestig, verantwoordelikheid wil aanvaar en ’n aktiewe rol wil speel in die groei, stabiliteit en winsgewendheid van die besigheid.
Sleutelverantwoordelikhede
- Algehele bestuur en koördinering van daaglikse boerdery-aktiwiteite.
- Beplanning, implementering en monitering van produksie oor verskeie vertakkings.
- Praktiese bestuur van koring-, mielie-, beet-, wortel-, uie- en aartappelproduksie.
- Organisering van werksprogramme, personeel en produksieprioriteite.
- Bestuur van personeelprestasie, dissipline en produktiwiteit.
- Toesig oor die instandhouding van infrastruktuur, toerusting, voertuie en meganisasie.
- Identifisering van geleenthede om produksie, koste en doeltreffendheid te verbeter.
- Noue samewerking met die eienaar rakende beplanning, besluitneming en strategiese ontwikkeling.
- Verseker dat take betyds, netjies en volgens die vereiste standaarde uitgevoer word.
Minimum Vereistes
- 6–8 jaar toepaslike ervaring in ’n soortgelyke plaasbestuursrol.
- Sterk praktiese kennis van groenteboerdery.
- Bewese ervaring in gewasproduksie.
- Kennis van koring, mielies, uie, beet, wortels en aartappels sal sterk aanbeveel word.
- Goeie personeelbestuur- en leierskapvermoë.
- Sterk organisatoriese en beplanningsvaardighede.
- Meganiese kennis en praktiese probleemoplossingsvermoë sal voordelig wees.
- ’n Tersiêre landboukwalifikasie word aanbeveel.
- Sterk besigheidsin en ’n konsekwente winsgerigte ingesteldheid.
Indien jy ’n ervare landboukundige is met sterk praktiese bestuursvermoë en ’n passie vir volhoubare produksie, nooi ons jou uit om vir hierdie geleentheid aansoek te doen
Stuur jou CV aan Hello Hired
